top of page

Aktiwiteitsboek 1 Diere Avontuur Graad R

Price

R575,00

VIR GRAAD R

 

Alles-in-Een Klankeprogram, vol pret, leer en waarde.


Boeke sluit in:

 

 

  • Liggaamsbewegings per klank
  • Multisensoriese aktiwiteite
  • Werkskaarte
  • Woordeskat Ontwikkeling
  • Klankeliedjies
  • Plakkate
  • Diere feite
  • Perseptuele Oefeninge
  • Lettervormingsversies
  • Skrifoefeninge
  • Plakkers
  • Klankestories
  • Speletjies


Ons klankeprogram sluit ALLES in wat jou kind nodig het om klanke met selfvertroue aan te leer, van liedjies, werkskaarte en dierefeite tot liggaamsbewegings, plakkers, speletjies en meer. Een aankoop vir maksimum waarde.

 

113 bladsye propvol prettige aktiwiteite, vrolike liedjies, kleurvolle plakkers en boeiende luisterstories. Gebruik die QR-kodes om toegang te kry tot interaktiewe YouTube-video's vir ‘n nog ryker leerervaring! Elke boek word per kurrikulum oor ‘n kwartaal behandel, vir ‘n gestruktureerde en doelgerigte leerervaring.

 

'n Volledige klankeprogram

 

  • Luistervaardighede word verbeter. 
  • Leer klanke met liedjies en versies.
  • Alle klanke word behandel in 4 boeke. 
  • Perseptuele vaardighede wordgeoefen. 

 

Ons oefen al die nodige voorbereidingsvaardighede om suksesvol te kan lees.

 

Koos Krokodil lê op die wal in die son en bak. Karel Kraai sit op 'n klip. Kallie Kameelperd staan in die koelte en kou aan sy kos. Katinka kraai sit op haar nes en broei. Karel Kraai roep met 'n kras stem. Kyk, kyk, kyk!! Koos Krokodil knyp sy oë toe...

Quantity

Betalings en Aflewering

Betalings:
Alle betalings vir die aankoop van ons produkte moet gedoen word deur EFT (Elektroniese Oordrag van Fondse). Sodra die betaling afgehandel is, sal ons die bestelling verwerk en die aflewering reël.

Aflewering:
Ons gebruik The Courier Guy vir vinnige en betroubare aflewering. Bestellings neem gewoonlik 3-5 besigheidsdae om afgelewer te word.

Die afleweringskoste is 'n vaste tarief van R100, ongeag jou ligging of bestellinggrootte.

Terugsendings en Terugbetalings:
Alle verkope is finaal. Ons bied geen terugbetalings of omruilings vir enige digitale of gedrukte produkte nie.

bottom of page